Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive



SARL-NUUS - SONDAG 22 MEI 2011

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'ARMI' en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.
U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

SUID-AFRIKA GAAN DIE TOEKENNING OM 500 kHz ONDERSTEUN

By die Nasionale Voorbereidingsgroepvergadering wat in Pretoria vir die Wêreldradiokonferensie 2012 gehou is, het Hans van de Groenendal, ZS6AKV, die aanbeveling van die SARL en OKOSA voorgelê dat metode A, wat Agenda Item 1.23 sal bevredig, as Suid-Afrika se posisie aanvaar word. Resolusie 1.23 vra vir die oorweging van ’n toekenning van 15 kHz in dele van die 472 - 526,5 kHz band aan die amateurdiens op ’n sekondêre basis toegeken word, met in agneming van bestande dienste.

Metode A stel ’n sekondêre toekenning van tot 15 kHz aan die amateurradiodiens, op ’n wêreldwye basis, tussen 472 en 487 kHz voor. ’n Verteenwoordiger van die CAA het daarop gewys dat baie nie-direksionele bakens in hierdie band bedrywig is, alhoewel OKOSA daarop gewys het dat slegs ’n paar gelisensieer is en nie in die voorgestelde amateurtoekenning werk nie. Hy het gesê dat, sou die toekenning toegestaan word by die WRK12, die bakens na ander frekwensies verskuif kan word.

Daar is saamgestem dat die aanbeveling na die SAOG WRC12 vergadering, wat volgende week in Botswana gehou word, te neem en, indien aanvaar, volgende maand ter tafel gelê sal word by die ATU-vergadering, waar dit hopelik hul ondersteuning sal kry sodat dit die posisie van die Afrikablok sal word.

Die SARL is by die WRC12 se Nasionale Voorbereidingswerkgroepvergadering betrokke om wag te hou oor ander agenda-items wat ’n invloed op amateurradio mag hê en om die groep ingelig te hou oor die IARU se posisie oor agenda-items.

Vir ’n afskrif van die aanbevelings besoek www.sarl.org.za en gaan na die "members only" blaaie.

BOB HEIL, K9EID, GAAN NUWE INTERNET AANBIEDING AANBIED

Dinsdag, 24 Mei gaan Bob Heil, K9EID - goed bekend vir sy ontwerp van mikrofone – ’n nuwe vertoning uitsaai op Leo Laporte se TwiT.tv-webtuiste. Genaamd "HamNation" sal die vertoning fokus op toerusting, aanwendings, wenke en algemene inligting vir radioamateurs. Heil se eerste gas sal die rock stervriend en mede-radioamateur Joe Walsh, WB6ACU, wees. Walsh het ook die temamusiek vir die vertoning geskryf. Die vertoning sal elke week gratis oor die Internet op Twit.tv. uitgesaai word. Twit.tv is ook op iTunes beskikbaar.

" Ek is al vir ’n lang tyd ’n bewonderaar van Leo en het onlangs op sy Triangulation 8 vertoning gewees," het Heil verduidelik. "Ons het mal gegaan en tot my vreugde het hy my gevra om ’n vertoning oor en vir amateurradio te ontwikkel. Sedert die vroeë 1900's het die meeste amateurs gefokus op die bou van en eksperimentering met hulle toerusting. Baie van vandag se toerusting is rekenaarbeheer en lok dus nuwe gebruikers na die stokperdjie. Selfs in vandag se onmiddellike Internetkommunikasie is amateurradio nog die primêre kommunikasieskakel, of dit nou is vir stormjagters of om met jou vriende oor die wêreld gesels. Hierdie nuwe TwiT.tv-vertoning bring bestaande en nuwe gebruikers byeen." Meer oor die vertoning sal in volgende week se SARLnuus beskikbaar wees.

RADIOTEGNOLOGIE IN AKSIE OP 4 JUNIE IN PÊ

Die SARL se Radiotegnologie in Aksie gaan op 4 Junie na Port Elizabeth. Dit sal gehou word by die NMMU se suidkampus en word voorgedra in samewerking met PEARS, die Port Elizabeth Amateurradiovereniging. In die hoë tegnologiegleuf van die program sal John Willescroft, ZS6EF, praat oor veldprogrammeerbare opstellings (om ’n oudioinset in jou bulletin in te sluit, laai dit af van www.amateurradio.org.za/FGPA.mp3). Die volle program is beskikbaar by www.sarl.org.za, gaan na RTA op die linkerkant van die bladsy.

“1912 THE EVENT” – HERDENKINGSTASIE VK5MGY


Die volgende uit WIANEWS:

Die Adelaide Hills Amateurradiovereniging is deur ’n groep genaamd "1912 the Event" genader vir ’n GG-operateur vir ’n herdenkingstasie. Die groep herdenk die sink van die Titanic 100 jaar gelede in April 1912.

Die klub het die roepsein VK5MGY van ACMA verkry; MGY was die roepsein van die Titanic. Die roepsein sal vir die volgende 12 maande in gebruik en sal ’n QSL-kaart vir kontakte uitreik.

Hou u oor oop vir VK5MGY gedurende die volgende 12 maande. Besoek ook 1912theevent.com vir meer inligting.

Van die SARL SE NUUSREDAKTEUR:
Interessant, die detektor van die ontvanger op die Carpathia, wat die noodsein van die Titanic ontvang het, was in die Telkommuseum te sien toe die museum nog in Pretoria was. Ons vertrou dat dit nog goed bewaar word.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat sonaktiwiteit op lae vlakke is. Die son se 27 dae rotasie het sonvlek 1 208 op die 18de weg van die aarde af geroteer. Die sonvlek het vir oulaas sy stem dik gemaak met 'n koronauitbarsting. Die uitbarsting op 18 Mei is deur nog een op die 19de gevolg. Die wolke koronamateriaal gaan nie naby die aarde verbygaan nie en die gematigde ruimteweer gaan vir 'n wyle nog voortduur. Tans is daar nie 'n kans vir ernstige sonfakkels nie. Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week sowat 30.

15 m is die beste keuse vir DX gevolg deur 20 en 30 m en natuurlik die bande tussen in.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

18-22 Mei - Volg Dayton Hamvention op W5KUB.com.
22 Mei - ZS4 naelloop vanaf 14:00 UTC tot 15:00 UTC foon en GG op 40 m
25 Mei - Sluitingsdatum vir nominasies vir NSN-toekennings, besoek www.amateurradio.org.za.
25 Mei - SARL 80 m klubkompetisie 17:30 UTC tot 18:30 UTC
4 Junie - RTA in Port Elizabeth by Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit
18 Junie - kursus in programmering in Windows in Gauteng. Bespreek by www.sarl.org.za.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 750 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'ARMI' en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 18:30 SAT op 3 230 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Gustav, ZS6BWN.

Dankie dat u geluister het. 73.
/EX


Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003